Paradys


Paradys

Willemien Krüger2022

Vandag hang ‘n heidin néffens die Jood,
béide op ‘n koppie gelaat vir Dóód.
Vanuit die Hebreër ontsnap woorde van Hóóp:
“ ’n Moordenaar se vonnis terstónd lósgekoop”.

Géén rehabilitasie óf ‘n séwe-punt plan—
‘n misdadiger kan beblóéd sáám met Hom gaan.
Dórings verander in ‘n spiérwit Klimop—
sónde en skáám nié daar om te tob.
Waarheen hul gaan dra álmal ‘n kroon—
swáárkry en stráf nié deel van hul loon.

Skiélik stort die Verlosser ‘n tráán—
die Paradys kan óók op áárde bestaan.
Nié nét kan geluk in die Ewigheid wink—
‘n dééltjie daarvan kan jý Nóú in rinkink.
©Unsha—ken

Details:
Watercolour on canvas.
1 x 1 m

Unframed

R11500,00

In stock


More by the artist